
Onkant!
dans 1 boutique
À voir aussi
Code-barres: 9781776192656
Toutes les offres
- bol.comOnkant!Voir la boutique11,54 €En stock
Nous pouvons percevoir une commission si vous achetez via ce lien. Le prix que vous payez ne change pas.
À propos de ce produit
"TOE EK IN MY EERSTE WÊRELDBEKERWEDSTRYD UITDRAF, WAS DAAR IETS SOOS 54 000 MENSE. JY SIEN NET KAMERAFLITSE, DIS AMPER HIPNOTIES . . . DIE COACH SKREE VIR MY: 'CHUCKY, WAARMEE IS JY BESIG?' TOE BESEF EK EK IS BESIG OM VIR DIE MENSE TE WAAI." – LOUIS 'CHUCKY' VAN DER WESTHUIZEN Het jy al ooit gewonder hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die paviljoen klink of wat dit beteken om 'n Springbokbaadjie in jou kas te hê? In die aanloop tot die Rugbywêreldbeker het die joernalis Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke, provinsiale spelers, breiers en 'n rugbyskrywer te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel persoonlike oorwinnings en teleurstellings, die lesse wat rugby hulle al geleer het, spesiale kleedkamer-oomblikke en stories oor wat van die veld af gebeur. Schalk Brits verduidelik byvoorbeeld waarom dit so noodsaaklik is vir 'n Springbok om 'n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez lig weer die sluier oor hoe dit was om in die 1960's te toer en die kattekwaad wat hulle aangevang het, terwyl Jean de Villiers deel wat dit beteken om Springbokkaptein te wees. As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree, of op die sypaadjie sal slaap om 'n kaartjie vir 'n groot wedstryd te kry, dan is dié boek vir jou.
Description fournie par bol.com.